Gate in Markstraat, Kestellhof wat deur die munisipaliteit oopgegrawe is om die pad te herstel, is net so gelos en die pad is nie herstel nie.
Belinda Ruth Prinsloo, ’n inwoner van die gebied, sê dit is al twee maande sedert die gate net so gelos is en die pad nie herstel word nie.
Kimberley Online Co. het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.