’n Waterlek in Saunderstraat, Southridge is al deur menige mense gerapporteer en steeds is di probleem nie uitgesorteer nie.
Michelle Coetsee, ’n inwoner van die gebied sê dit lek al vir vier maande.
“Hierdie probleemis al deur so baie mense gerapporteer, maar daar word niks aangedoen nie. Dit is voor ons huis en ons kan nie eers daar parkeer nie. Almal wil dit mis ry en ry dan teen die sypaadjie vas.”
Kimberley Online Co. het navraag by Sol Plaatje gedoen en wag vir terugvoer.

