Die Kenilworth-pad na Yonder is al vir meer as ses jaar lank ’n probleem en vir om en by drie jaar lank verspoel.
Herman Groenewald, wat elke dag hierdie pad vir werk moet neem, sê daar word al jare leë beloftes om die pad te herstel, gemaak.
“Die pad het diep gate en maak dit onmoontlik om dit te ry.”
Sandra Kok, ’n inwoner van Yonder, sê die premier was al self by die pad, maar klagtes val op dowe ore en beloftes word nie nagekom nie.
Kimberley Online Co. het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.



