Is daar ‘n pyp wat lek? Jy het deur ‘n slaggat gery? Die water stroom in jou straat af of daar is ‘n ongeluk?
Het jy iets mooi afgeneem, ‘n sonsondergang? Of jy wil sommer net jou foto ook instuur.
Stuur dit dan op ons spesiale WhatsApp-groep slegs vir Bloemfontein nuus en klagtes, wat op die Bloemfontein Online Co. webtuiste sal verskyn.
As ons besluit om jou inskrywing te gebruik, sal jy die skakel direk daarna ontvang, asook sal dit op ons Facebook en Instagram gesit word.
Laat die munisipaliteit en die owerhede ook JOU hoor. Ons is moeg vir geignoreer word!
ONTHOU! BAIE BELANGRIK!
Jy MOET jou naam en van bysit, die straatnaam of ligging en vir ons ‘n foto stuur. Ons gee dit ook weer so deur aan die munisipaliteit en ander instansies.
As jy wil weet waar om die stories te kry, stoor die skakel.